Jouberts in Dallas

Thursday, March 30, 2006

Ys-boks

Jana se nefie (Christian) het gister kom kuier van Vancouver af. Hy het 3:30AM Dallas tyd hier aangekom en ons het besluit om hom by die lughawe te gaan oplaai, dan spaar mens darem die taxi onkoste. Ek het maar laat Jana slaap, aangesien sy die hele dag nog moet gaan werk. So ek het toe in die strate van Dallas ingevaar in die middel van die nag, op soek na die lughawe. Dit was darem nie so erg nie! Ek was darem gewapen met 'n Dallas kaart en 'n uitgewerkte plannetjie in my kop ;-) Gelukkig was ek omtrent die enigste kar op die pad. Alles het toe goed afgeloop, en ons het weer so bietjie kom slaap.

Deur die dag het ek en Christian bietjie 'n draai gaan loop in die omgewing. Middagete gekry en sommer 'n draai in die stad ook geloop.

Gisteraand het ons toe gaan hokkie kyk. Dit was ook in die American Airlines Center (waar die football was). Dit is die NHL (National Hockey League) wat ons gekyk het, en die Dallas Stars het teen die Anaheim Mighty Ducks gespeel. Die Mighty Ducks was toe nou nie so mighty nie, en het 2-1 verloor. Net soos met die football, het hulle ook 'n groot storie gemaak van die hokkie en ek moet se^, dit was baie opwindend. Christian speel self ook hokkie en dit was lekker om 'n lopende reelboek byderhand te he^.


Die hokkie ouens raak nogal redelik opgewerk, maar ek neem hulle nie kwalik nie. Hulle stamp mekaar die heeltyd rond en ek sou ook begin appels swaai het as enige ou my sommer so teen die kant kom vasduik. En van "appels swaai" het ons genoeg gesien. So al was die kaartjies baie duur, het ons darem nie net hokkie gesien nie.. daar was hokkie, figure skating, boks, stoei en WWF!
Die hokkie ouens gebruik 'n mooi Engelse woord om hulle bakleiery op 'n sagte manier te stel. Hulle noem dit "roughing". Dit klink vir my soos twee kleuterskool laaities wat bietjie stoei, maar glo my, dit lyk bietjie anders in yshokkie!

Groete, tot die volgende nuus!

Monday, March 27, 2006

Vinnige Football en Koeie in die straat

Jana werk nogsteeds hard, maar dit is darem rustiger as die laaste maand. Dit klink asof dit in April nog bietjie beter gaan word. Om 7 uur in die aande by die huis te kom is definitief baie beter as 12 uur!

Ons het gister (Saterdag) bietjie gaan klere koop by 'n winkel wat ook so ietsie van alles verkoop. Die winkel se naam is TJ Max en ons het darem 'n hele klompie klere gekry. Mens moet nogsteeds bietjie rondsoek vir goedkoper klere, maar dit is definitief daar!
Ons het nog 'n digital kamera gekoop. 'n Kleiner een wat Jana sommer in haar handsak kan ronddra. Al die keuses wat mens hier het kan partykeer oorweldigend wees. Dit maak dit moeilik om te besluit, maar dit is seker beter om uit almal te kies, as om jou net te laat kies uit die 3 slegstes (soos partykeer in S.A).
Daarna het ons take aways gekoop by Chilli's. Dit is 'n bekende pub-tipe plek. Amper soos McGintys. Soos met alle kos plekke kry mens natuurlik baie kos.

Ons was gisteraand toe ook vir die eerste keer na die American Airlines Center. Dit is 'n onderdak arena wat hulle gebruik vir sport en sekere opvoerings. Ons het 'n "Arena Football League" (AFL) game gaan kyk. Die "Dallas Desperados" teen "Philadelphia Soul". Die AFL is die kleiner, vinniger, onderdak weergawe van die groter NFL (National Football League). Ons het die NFL seisoen net gemis, so AFL is die enigste football wat ons sal kan sien.


Dit was baie opwindend. Die stadion kan omtrent 20 000 mense sit en daar was gisteraand so amper 14 000 mense vir die football. Ek skat dit is tipies Amerikaanse styl, maar hulle maak 'n groot storie van alles. Dit het seker baie te doen met geldmaak (kaartjies, televisie, advertensies, ens), maar harde musiek, vuurwerke, baie ligte en deurlopende kommentaar is aan die orde van die dag. Ek het baie geleer oor die reels van football, maar daar is nogsteeds baie wat ek nie verstaan nie. Dit is seker nie regverdig om dit met rugby te vergelyk nie, maar ek dink nie die football ouens sal 'n rugby wedstryd oorleef nie. Dit is miskien ook 'n harde game, maar ek dink nie hulle hoef regtig baie fiks te wees nie. Veral nie in die AFL league nie, omdat die veld die helfte korter is as 'n gewone veld (net so 50 meter.. of wat praat ek nou.. yards!) Die game bestaan uit 4 kwarte van 15 minute elk, maar met al die time-outs en gestoppery vir advertensies en allerhande goed op die veld, hou een game omtrent 3 ure aan! So, in die eerste plek word die game baie gestop en in die tweede plek rus hulle ook baie net oor hoe die game gespeel word. Jy hardloop net tot jy ge-tackle word, dan word daar eers weer geskrum. So as jy moeg is (of soos Naas bang vir tackles was), gaan le^ jy net!

Soos ek gese^ het, is dit onregverdig om dit met ander sporte te vergelyk, en ons het juis kom kyk omdat dit anders is. Ons het dit baie geniet, al het die Desperados verloor (55 - 51). Hulle het tipies Vrystaat styl in die doodsnikke van die wedstryd verloor. Hulle maak dit baie dramaties, en in die laaste minuut van die game het die Desperados een touchdown gehad, en die Philadelphia Soul sommer 2! Ja.. julle het reg gelees.. alles in die laaste minuut. Hulle sal aan die einde nog se^ daar is bv. 'n hele 5.7 sekondes oor, die mense moenie moed opgee nie - hulle kan nog wen! (Nou dat ek so daaraan dink.. dit is ook tipies Vrystaat styl om in die laaste 5.7 sekondes nog 'n paar driee te wil druk).
Ons beplan om hierdie week (ys)hokkie te gaan kyk wat hulle ook in die American Airlines Center speel. Basketball wil ons ook gaan kyk, ook in die AA center. Baseball is ook op die lysie, maar dit word natuurlik op 'n ander veld gespeel.

Een ding wat my nogal opgeval het by die football wedstryd, op die televisie en in die winkels is dat hulle nogal die mense breinspoel in terme van die U.S army. Dit het seker maar te doen met die feit dat hulle ondersteuning soek van die mense omdat so baie troepe in Irak (en ander dele van die wereld is), maar hulle maak dit 'n baie groot eer om in die weermag te wees vir jou land. Ek weet dit moet seker 'n eer wees, maar dan moet dit vir die regte redes wees. Hulle adverteer sommer web sites waar jy kan aansoek doen vir weermag en hulle wys net al hierdie prentjies van hoe dit jou 'n "man" maak, en hoe "cool" dit nou eintlik is om in die army te wees. Dit voel net vir my bietjie kommersieel, terwyl daar onskuldige mense besig is om dood te gaan.. vir niks!

Vandag (Sondag) was ons vir die eerste keer Fort Worth toe. Dit is die stad hier naby Dallas (so 30 myl), en staan ook bekend as "Cow Town". Uit die naam kan julle seker aflei dat dit meer soos Pretoria as Johannesburg is :-) Daar is 'n deel van Fort Worth wat die "Stockyards Historical District" genoem word. Dit is 'n klipgooi van die middestad van Fort Worth af, maar is regtig 'n plaas omgewing. Hulle beweer dit is die enigste stad in die wereld waar daar nog daagliks 'n "Cattle Drive" in die straat is. Dit is seker net vir toeriste, maar hulle jaag darem twee keer per dag so paar Texas Longhorns in die straat af. En glo my "long horns" is nie 'n "under statement" van hoe die beeste lyk nie! Die wat na ons fotos op die internet gaan kyk kan gerus weer daar 'n draai maak vir so paar long horns.



Fort Worth is ook die plek waar jy nou regtig die ooms met die wille snorre, groot hoede en belt buckles sien.
Een van die geboue in die Stockyards omgewing is die "Cowtown Coliseum". Dit is waar hulle rodeo, bull riding en sulke goed doen. Lyk my dit is meestal Vrydae en Saterdag aande, so ons sal definitief 'n plan maak om bietjie die ou rugbrekers te gaan kyk.

Ons toerplanne sluit nou al New York (1 week vakansie), Chicago (3 dae), Las Vegas (naweek), Disney World (naweek en een dag) en Vancouver (1 week vakansie) in. Sal julle op datum hou met wat daar gebeur.

Tuesday, March 21, 2006

Terug by die Cowboys

Ek is veilig terug in die land van die Cowboys, na my 2 en 'n half weke kuiertjie in S.A. Ek glo darem dit was die moeite werd (ten minste vir die klient wat ek gaan sien het). Ek moet nou nogsteeds goed van hulle af kry om te kan aangaan, maar ten minste het ek al klaar 'n paar goedjies in die pyplyn om te doen.

Die vlug terug na Amerika was maar lank. Die moontlike posisies van jou lyf op die ekonomiese klas sitplekkie is maar redelik beperk! Alles het darem goed afgeloop, en ek en my tas het darem op dieselfde tyd in Dallas aangeland. Ek het toe sommer 'n taxi by die lughawe gekry wat my huis toe gebring het. Ek was so 14:00 se kant by die huis, en ek en Jana was maar baie bly dat ek nie veel langer weg was nie. Dink nie ons sou dit oorleef het nie! Dit was net jammer om by die huis uit te vind dat een of ander "vliegtuig-bagaise-pakker" bietjie lang vingers gehad het, en in een van my tas se voorste zippies homself gehelp het met chocolates wat Jana se ma vir ons gestuur het. Dit maak mens sommer hartseer dat iemand sommer so iemand anders se goed kan vat! Ten minste was my groot deel van die tas gesluit en was alles darem nog daar.

Ek was baie moeg van die vlieg, en Jana was maar nogsteeds moeg van haar harde werkery die afgelope ruk. Dit was toe vir ons genoeg verskoning om omtrent 18:00 al te gaan slaap, en eers die volgende dag 13:00 op te staan! Dit het die hele Saterdag en Sondag gereen, wat die slapie net soveel lekkerder gemaak het.

Jana het my toe Sondagaand na 'n groot Walmart gevat wat sy intussen in Dallas ontdek het. Dit is baie groot en het iets van alles! Ons het sommer bietjie kruideniers gekoop, aangesien die butler nou weer terug is.

Dit behoort nou stadig maar seker rustiger te raak by Jana se werk, so ons behoort meer tyd vir onsself te he^. Hulle het nog deadlines, maar belowe dat dit ten minste teen die einde van Maart al rustiger behoort te wees. So ek sal julle maar op hoogte hou van wat ons met ons tyd aanvang.

Friday, March 10, 2006

Moenie moed opgee nie!

Dankie vir almal wat elke oggend so getrou op die internet gaan, en hierdie blog refresh (wat ek nou al aanneem is 80% van almal se home page!?). Dit is op die ou end beter nuus as wat enige ander kanaal of web site kan bied!



Hierdie is eintlik net om te se^ dat ek ook nie van die blog vergeet het nie. Ek is nogsteeds in S.A, omtrent 15000km van my vrou af, en dis nou nie meer lekker om so ver te wees nie (nie dat dit enige tyd was nie!).

Ek werk nogal hard en probeer maar die beste maak van die tyd wat ek hier is. Al wat ek julle kan vertel is dat Jana ook verskriklik hard werk. Die woonstel is lyk my net vir tande borsel, en die bed deurmekaar krap (mens kan dit eintlik nie slaap noem nie!)

Dis nog net 'n week, dan is ek oppad terug (ek vlieg Vrydagaand, 17 Maart) - ons tel al die slapies!

Ek sal dan meer nuuswaardige stories skryf sodra ek weer terug is in die "Lone Star state".

Groete