New York
Ek kan nie glo ons New York vakansietjie het so vinnig verby gevlieg nie. Mens dink voor die tyd hoe lank dit gaan wees en as jy weer sien is dit verby!
Jana het my die Vrydagaand laat by die lughawe kom haal na my San Francisco konferensie. Ons het die Saterdagoggend vroeg weer gevlieg, so daar was net genoeg tyd om my klere te was en in te pak. Ons het soos 2 skoolkinders in die vakansie maar net wakker gebly, want daar was nie nog tyd vir slaap nie.
Ons was toe natuurlik bietjie te vroeg by die lughawe die Saterdagoggend, maar vorige ondervinding het ons geleer dat vroeer beter as later is.
Ons moes toe so 3 ure in Chicago oorstaan vir ons volgende vliegtuig na New York. Net genoeg tyd vir lekker ontbyt. Ons het toe so 3 uur se kant in New York aangekom (John F. Kennedy lughawe). Die hotel waar ons gebly het was in New Jersey, wat nogal ver van JFK af is, so ons het 'n bus gekry om ons soontoe te vat. Ons het na die tyd besef dat dit beter sou gewees het as ons tot op Newark lughawe gevlieg het, wat baie nader aan ons hotel was.
Die eerste bus het ons tot in Manhattan gevat, waar ons moes oorklim op 'n 2de bus na Newark lughawe. Daar was een of ander optog in die stad gewees en die verkeer was net 'n gemors! Ons het toe sommer 'n goeie voorsmakie gekry van hoe New York se verkeer op sy slegste kan wees. Ons het so 3 uur geland en eers na 8 by ons hotel in New Jersey aangekom.. dit alles nadat ons die vorige aand nie geslaap het nie!
Ons het die vakansietjie saam met Jana se boetie Eben, sy vrou Diana en hulle 18 maande oue seuntjie Ruben spandeer. Saterdagaand was net lank genoeg vir vinnig eet en ons het toe 'n goeie nagrus ingesit.
Die Sondag het ons lekker laat geslaap het by 'n outlet mall naby aan die hotel gaan middagete kry en bietjie tyd daar spandeer. Daar is weereens baie klere wat nogal goed geprys is, so ons moes maar partykeer ons beursies bietjie styf vashou.
Net so vinnige agtergrond vir die wat nie weet nie.. New York bestaan eintlik uit 5 dele: Manhattan, Bronx, Staten Island, Brooklyn en Queens. Manhattan is amper die "hoof" eiland van New York as ek dit so kan noem.. die stad gedeelte. Ons het in New Jersey gebly, wat nie eintlik eers deel van New York is nie, maar 'n gewilde plek om te bly as jy naby New York wil wees.
Ons het besluit om die Maandag vir die eerste keer Manhattan toe te gaan en het met die hotel se shuttle bussie na die Newark lughawe gery. Van daar het ons 'n trein (NJ transit) gevat na Manhattan (Penn Station). Ons het toe eers bietjie in die stad rondgeloop. My eerste indrukke was anders as wat ek verwag het. Die stad is regtig baie groot met baie hoe geboue wat dig teen mekaar gebou is. Die strate is verskriklik besig (op die pad en die sypaadjies). Daar is honderde geel taxis en baie mense. Sommer so bietjie trivia tussen-in: Manhattan eiland is 21 myl lank en seker so 2 myl breed. Daar is 12700 geel taxis wat mense op die eiland rond ry! Daar bly so 1.5 miljoen mense op die eiland, maar daar gaan elke dag oor die 12 miljoen mense eiland toe vir werk / toerisme, ens.
Ons het toe op een van die oop-dak toer busse deur die stad gery. Manhattan is opgedeel in 'n paar dele. Ons het eers die "Downtown" toer gedoen en die volgende gesien:
Dinsdag het ons weer Manhattan toe gegaan en het weer met die toerbus gery na die World Trade Center site, of Ground Zero soos dit bekend staan. Die hele stuk waar die Twin Towers was, is nog afgekamp en hulle is besig om nog daar te werk. Daar is lyk my al planne om 'n baie hoe gebou weer daar te bou. Teenaan die heining is daar baie goed wat vertel wat presies daardie dag gebeur het, met name van mense wat daar dood is. Dit voel regtig erg om daar te loop en mens voel sommer weer hartseer oor wat daar gebeur het.
Na die World Trade Center site het ons op 'n ferry gery na Liberty Island. Dit is 'n klein eilandjie net suid van Manhattan waarop die Statue of Liberty staan.

Dit is regtig 'n indrukwekkende monument met baie geskiedenis. Dit is deur die Franse aan die Amerikaners geskenk in 1886. Die monument is van koper en mens kan dit sommer sien met sy blouerige kleur. Die sekuriteit is baie streng en ons kon nie in die monument opgaan nie. Ons het net op die eiland rondgeloop en baie fotos geneem. Van die Liberty eiland kry mens ook 'n baie mooi uitsig oor die middestad van Manhattan en ook dele daar naby.
Die ferry het ook by Ellis Island gestop waar daar monumente en museums vir immigrante is, maar ons het nie daar afgeklim nie.
Na ons eiland toer het ons vir die eerste keer in een van die geel taxis gery na die trein stasie. Dit was ook nogal 'n ondervinding. Die taxi bestuurders ry regtig baie wild. Dit voel asof mens die heeltyd moet vasklou en partykeer wil jy maar net jou oe toemaak!
Die Woensdag was ons weer Manhattan toe en het hierdie keer 'n bustoer gevat na die noordelike dele van die stad (Uptown).
Met die Uptown toer het ons die volgende gesien:
Ons het toe weer 'n taxi gevat na B&H Photo Video in die stad. Dit is 'n baie groot kamera winkel, waar ek 'n paar goedjies vir my kamera gekoop het. Die winkel het omtrent enige iets waaraan jy kan dink wat te doen het met fotografie, video of rekenaars. Ek is seker ek sal 'n paar dae daar kan deurbring (veral met 'n kredietkaart wat verkieslik nie myne is nie!)
Ons plan was om Donderdag vir ons laaste stad-toer Manhattan toe te gaan. Daar was toe een of ander krag onderbreking die oggend, wat baie van die treine buite werking gelaat het. Die trein wat ons die ander dae gebruik het het toe nie gewerk nie. Ons sien later op die televisie hoe die mense vir ure vasgekeer was op die treine (party binne die tonnels). Ons het toe maar sommer 'n taxi gevat na Manhattan.
'n Mens kry sekerlik die beste uitsig oor die stad vanuit die Empire State gebou wat die hoogste is, maar die mense staan in baie lang rye om daar op te gaan. Jy kan blykbaar sommer 3 ure wag voor jy kan opgaan. Die ander opsie (wat ons toe gedoen het), is om op te gaan in die Rockefeller gebou. Dit is ook 'n baie hoe gebou en ons kon opgaan tot by die 103de vloer. Hulle noem die uitkyk vlak "Top of the Rock". Die uitsig is asemrowend en ons het baie fotos geneem. 'n Mens kry 'n goeie idee van die eiland en alles rondom dit.
Na die Rockefeller gebou is ons na Grand Central Station. Dit is een van die grootste trein stasies in die wereld en is in 'n baie mooi gebou. Ons het bietjie daar rond geloop en middagete geeet by 'n redelike fancy restaurant. Die kos was baie lekker - dis nou nie elke dag wat jy by Grand Central Station uitkom nie!
Jana het 'n beadshop opgespoor en ons het 'n draai daar gaan maak. Die winkel het regtig baie goed en ek is seker as dit nie was dat ons 'n paar mense was wat nog by die huis wou uitkom nie, sou Jana amper nogsteeds daar gewees het. Van die goed is baie mooi, maar baie duur ook. Daar is party krale goed wat sommer $30 vir een kos!
Vrydag het ons weer na die outlet mall gegaan om nog 'n paar goedjies te koop. Ons het weer lekker middagete daar geeet en toe gaan gereed maak vir ons broadway uitstappie. Ons het voor die tyd al vir ons kaartjies gekoop vir die Lion King show. Die kaartjies was glad nie goedkoop nie, maar definitief die geld werd. Die show was in die "New Amsterdam Theatre", wat na 'n baie ou teater lyk. Alles was van uitstaande gehalte en ons het dit baie geniet. Mens lag ook nogal lekker vir wat die mense doen.
Toe ons later die aand uit die teater kom het dit lekker gereen en ons moes skarrel vir 'n taxi terug hotel toe.
Saterdag het ons New York vakansietjie tot 'n einde gekom en ons het dit afgesluit met 'n middagete saam met Eben, Diana en Ruben. Ons het daarna 'n taxi gevat na JFK lughawe want ons wou nie kanse vat om laat te wees met die trein of bus nie. Glo my maar net as ek se^ dat die taxi baie duur was en om alles te kroon kom ons toe agter dat die taxi bestuurder nie regtig weet waar die lughawe is, of hoe om daar te ry nie. Hy was duidelik nog nooit daar nie en moes 2 keer vra vir aanwysings. Dit gee mens glad nie daardie warm geruste gevoel nie! Nietemin was ons betyds by die lughawe en het ons vliegtuig gekry na Chicago, waar ons vir 3 dae oorgebly het voordat ons terug gekom het Dallas toe, maar meer oor Chicago in die volgende blog.

- Empire State Building - Een van die bekendste geboue in New York se skyline. Van dat die Twin Towers nie meer daar is nie, is dit weer die hoogste gebou in NY.
- Flat Iron Building - 'n Baie snaakse gebou wat in 'n driehoek gebou is en van bo af soos 'n strykyster lyk.
- Union Square - 'n Deel waar markte gehou word party dae van die week.
- Greenwich Village - 'n Deel met baie musiek en boekwinkels.
- Soho - Staan vir "South of Houston", 'n deel met baie duur boutiques.
- Chinatown - New York se eie Chinatown. In oppervlak, nie so groot soos San Francisco s'n nie, maar soos alles in New York, digter bevolk.
- Little Italy - 'n Deel wat weer 'n klein Italie op sy eie is.
- World Trade Center site - Ons het net verby die deel gery waar die Twin Towers was (het die volgende dag bietjie daar rondgeloop)
- Wallstreet - Die bekende tuiste vir baie finansiele maatskappye.
- Battery park
- South Street Seaport
- Lower East Side - 'n Deel wat meer bekend is vir laer / werkersklas mense.
- East Village - Dit is omtrent maar 'n deel van die Lower East Side.
- Kips Bay
- United Nations - Die gebou waar die UN vergaderings hou, met die vlae van al die lid-nasies.
- The Waldorf Astoria
- Rockefeller - Die 2de hoogste gebou in NY.
- Times Square - Die "Theatre Center" van die stad. Dit is waar die broadway teaters ook is. Ons het hier afgeklim van die bus af, en by die grootste "Toys R Us" in die wereld ingegaan. Dit is 'n massiewe winkel met alle speelgoed waaraan jy kan dink, versprei oor 3 verdiepings. Jana het hier vir Ruben ook op 'n Ferris wheel rit gevat.
- Theatre District
- Carnegie Hall - 'n Plek wat bekend is vir konserte.
- Madison Square Garden - Dit is waar groot basketball en ander sporte gespeel word. New York het eintlik al 5 Madison Square Garden arenas gebou, met die nuutste een by die Pennsylvania station.
- Macy's - Die grootste "department store" in die wereld.
Dinsdag het ons weer Manhattan toe gegaan en het weer met die toerbus gery na die World Trade Center site, of Ground Zero soos dit bekend staan. Die hele stuk waar die Twin Towers was, is nog afgekamp en hulle is besig om nog daar te werk. Daar is lyk my al planne om 'n baie hoe gebou weer daar te bou. Teenaan die heining is daar baie goed wat vertel wat presies daardie dag gebeur het, met name van mense wat daar dood is. Dit voel regtig erg om daar te loop en mens voel sommer weer hartseer oor wat daar gebeur het.
Na die World Trade Center site het ons op 'n ferry gery na Liberty Island. Dit is 'n klein eilandjie net suid van Manhattan waarop die Statue of Liberty staan.

Dit is regtig 'n indrukwekkende monument met baie geskiedenis. Dit is deur die Franse aan die Amerikaners geskenk in 1886. Die monument is van koper en mens kan dit sommer sien met sy blouerige kleur. Die sekuriteit is baie streng en ons kon nie in die monument opgaan nie. Ons het net op die eiland rondgeloop en baie fotos geneem. Van die Liberty eiland kry mens ook 'n baie mooi uitsig oor die middestad van Manhattan en ook dele daar naby.
Die ferry het ook by Ellis Island gestop waar daar monumente en museums vir immigrante is, maar ons het nie daar afgeklim nie.
Na ons eiland toer het ons vir die eerste keer in een van die geel taxis gery na die trein stasie. Dit was ook nogal 'n ondervinding. Die taxi bestuurders ry regtig baie wild. Dit voel asof mens die heeltyd moet vasklou en partykeer wil jy maar net jou oe toemaak!
Die Woensdag was ons weer Manhattan toe en het hierdie keer 'n bustoer gevat na die noordelike dele van die stad (Uptown).
Met die Uptown toer het ons die volgende gesien:
- Worldwide Plaza
- Lincoln Centre
- Central Park - Die groot park in Manhattan. Dit is die enigste deel op die eiland waar mens bietjie kan wegkom van die gejaag en net onder 'n boom kan sit en ontspan. Die park is baie groot met paar dammetjies, baseball velde, baie gras en bome. Daar is baie mense wat daar draf, fietsry of sommer net rond sit.
- American Museum of Natural history
- Cathedral of St John
- Grant's Tomb
- Big Apple Jazz Centre
- Apollo Theatre
- Harlem Market
- Museum of the City of NY
- Guggenheim Museum - Dit is 'n baie bekende kuns museum en ek en Jana het so bietjie daar gaan inloer. Ongelukkig was hulle besig om 'n nuwe uitstalling op te sit, so ons kon net 'n klein deeltjie van die museum sien.
Ons het toe weer 'n taxi gevat na B&H Photo Video in die stad. Dit is 'n baie groot kamera winkel, waar ek 'n paar goedjies vir my kamera gekoop het. Die winkel het omtrent enige iets waaraan jy kan dink wat te doen het met fotografie, video of rekenaars. Ek is seker ek sal 'n paar dae daar kan deurbring (veral met 'n kredietkaart wat verkieslik nie myne is nie!)
Ons plan was om Donderdag vir ons laaste stad-toer Manhattan toe te gaan. Daar was toe een of ander krag onderbreking die oggend, wat baie van die treine buite werking gelaat het. Die trein wat ons die ander dae gebruik het het toe nie gewerk nie. Ons sien later op die televisie hoe die mense vir ure vasgekeer was op die treine (party binne die tonnels). Ons het toe maar sommer 'n taxi gevat na Manhattan.
'n Mens kry sekerlik die beste uitsig oor die stad vanuit die Empire State gebou wat die hoogste is, maar die mense staan in baie lang rye om daar op te gaan. Jy kan blykbaar sommer 3 ure wag voor jy kan opgaan. Die ander opsie (wat ons toe gedoen het), is om op te gaan in die Rockefeller gebou. Dit is ook 'n baie hoe gebou en ons kon opgaan tot by die 103de vloer. Hulle noem die uitkyk vlak "Top of the Rock". Die uitsig is asemrowend en ons het baie fotos geneem. 'n Mens kry 'n goeie idee van die eiland en alles rondom dit.
Na die Rockefeller gebou is ons na Grand Central Station. Dit is een van die grootste trein stasies in die wereld en is in 'n baie mooi gebou. Ons het bietjie daar rond geloop en middagete geeet by 'n redelike fancy restaurant. Die kos was baie lekker - dis nou nie elke dag wat jy by Grand Central Station uitkom nie!
Jana het 'n beadshop opgespoor en ons het 'n draai daar gaan maak. Die winkel het regtig baie goed en ek is seker as dit nie was dat ons 'n paar mense was wat nog by die huis wou uitkom nie, sou Jana amper nogsteeds daar gewees het. Van die goed is baie mooi, maar baie duur ook. Daar is party krale goed wat sommer $30 vir een kos!
Vrydag het ons weer na die outlet mall gegaan om nog 'n paar goedjies te koop. Ons het weer lekker middagete daar geeet en toe gaan gereed maak vir ons broadway uitstappie. Ons het voor die tyd al vir ons kaartjies gekoop vir die Lion King show. Die kaartjies was glad nie goedkoop nie, maar definitief die geld werd. Die show was in die "New Amsterdam Theatre", wat na 'n baie ou teater lyk. Alles was van uitstaande gehalte en ons het dit baie geniet. Mens lag ook nogal lekker vir wat die mense doen.
Toe ons later die aand uit die teater kom het dit lekker gereen en ons moes skarrel vir 'n taxi terug hotel toe.
Saterdag het ons New York vakansietjie tot 'n einde gekom en ons het dit afgesluit met 'n middagete saam met Eben, Diana en Ruben. Ons het daarna 'n taxi gevat na JFK lughawe want ons wou nie kanse vat om laat te wees met die trein of bus nie. Glo my maar net as ek se^ dat die taxi baie duur was en om alles te kroon kom ons toe agter dat die taxi bestuurder nie regtig weet waar die lughawe is, of hoe om daar te ry nie. Hy was duidelik nog nooit daar nie en moes 2 keer vra vir aanwysings. Dit gee mens glad nie daardie warm geruste gevoel nie! Nietemin was ons betyds by die lughawe en het ons vliegtuig gekry na Chicago, waar ons vir 3 dae oorgebly het voordat ons terug gekom het Dallas toe, maar meer oor Chicago in die volgende blog.

0 Comments:
Post a Comment
<< Home