Chicago
Chicago is soortvan op die pad (of sal ek nou se^ lug), tussen Dallas en New York, so ons het op pad terug van New York af in Chicago oorgestop vir 'n paar dae.
Ons het die Saterdagaand redelik laat in Chicago geland en het met 'n bussie na ons hotel gery wat in die downtown area was. Teen daardie tyd was ons al baie honger en moeg, maar die honger het gewen en ons het by 'n pub geeet wat teenaan die hotel is.
Die volgende twee dae het ons al die volgende goed ingepas. Ons het eers gestap na die Sears Tower. Dit is baie naby aan ons hotel en is die hoogste gebou in die hele Amerika. Dit is die 2de of 3de hoogste gebou in die wereld (die mense raak redelik tegnies as hulle kompetisie hou oor die hoogste geboue). In elk geval, ons was op tot by die 103de vloer (die gebou het 'n totaal van 110) vloere! Die uitsig oor Chicago is asemrowend en ons het ook so bietjie geskiedenis geleer van die gebou. Die Sears Tower is ook baie vinnig gebou vir sy tyd (1970 - 1973).

Na die Sears Tower het ons gestap na die meer se kant toe. Chicago is gelee langs die Michigan meer. Die Michigan meer is een van die groot vyf mere in Amerika. Dit is die grootste varswater meer in die wereld wat heeltemal binne een land is. Dit is 494km lank en 190km wyd! As jy in Chicago staan, lyk dit soos die see, en nie 'n meer nie.
Baie naby aan die meer is die "Buckingham Fountain". Dit is blykbaar een van die grootste fonteine in die wereld. Die omgewing is baie mooi en ons het ook 'n baie warm dag gehad. Teen daardie tyd het die honger het ons weer beetgepak en ons het by 'n plekkie daar naby geeet wat ook 'n putt-putt baan het.
Ons het toe gestap na die "Navy Pier". Dit is 'n deel teenaan die meer (amper soos 'n waterfront), met allerhande goed om te doen en sien. Ons het daar op 'n groot Ferris Wheel gery. Dit vat omtrent 8 minute om in die rondte te gaan en mens kry ook nogal 'n mooi uitsig van bo af.
Daarna het ons 'n vertoning by die iMAX op die Navy Pier gaan kyk. Dit het oor seelewe gegaan, en eers toe ons sulke snaakse groot, wit brille by die teater kry besef ons dat dit 'n 3D vertoning is. En dit was omtrent 'n 3D! Ek het nog nie so iets gesien nie! Dit het omtrent gevoel asof ons saam met die visse onder die water is. Alles lyk so baie naby aan 'n mens en baie van die klein kinders in die vertoning het die heeltyd hulle hande uitgesteek om aan die goed "voor" hulle te vat!
Na 'n lang dag se loop het die hotel bietjie ver gevoel en ons het sommer met 'n trolley-tipe bussie terug gery na ons hotel. Ons het by 'n baie lekker Italiaanse restaurant in die stad geeet. Dit word die "Italian Village" genoem en is een van die meer bekende restaurante in die stad.
Ons het ook vir die eerste keer met 'n regte Subway trein gery. Dit was nou sekerlik nie heeltemal soos die in New York nie, maar was nogtans 'n goeie ervaring. Ons het nie lekker geweet wat om te doen nie en dit het seker op ons gesigte gewys, want 'n vreemde omie het sommer nader gestap en gevra of hy ons kan help. Hy vertel ons toe mooi wat om te doen. Dit was net een van die voorbeelde van baie vriendelike mense in Chicago.
Ons het toe ook bietjie meer van die stad geleer op 'n oop-dak toerbus. Dieselfde tipe wat ons in New York gehad het, waar mens by verskeie punte kan op en af klim vir die res van die dag. Op hierdie toer het ons die volgende goed in Chicago gesien:
Ons het ook 'n ekstra stukkie toer roete gedoen, waar ons die volgende gesien het:
Om op te som, was Chicago een van die mooiste stede wat ek nog in Amerika gesien het. Dit was nie so gejaag soos New York nie en al die mense waarmee ons te doen gehad het was baie vriendelik. Ek het regtig gevoel asof dit een stad is waarin ek nou nogal sal kan bly.
Volgende naweek gaan ons Washington toe net vir die naweek. Hou aan om hierdie blog te lees as julle meer wil hoor oor Washington!

- Sears Tower - Ons het voorheen self hierheen gestap en ek het al bietjie daarvan vertel.
- Millennium Park - 'n Park in die stad wat ook 'n rustige heenkome gee in besige stads-tye.
- Wacker South - Wacker straat in Chicago is een wat jou baie deurmekaar kan maak. By plekke loop dit Oos/Wes, en dan weer van Noord/Suid in ander plekke. Die straat het ook eintlik 2 vlakke (Upper en Lower Wacker). So dis nie goed genoeg om te se^ jy is in Wacker nie. Jy moet iets se^ soos "Upper Wacker North", of so iets!
- Theater District
- Art Institute
- Hilton Towers & Hotel
- Field Museum of Natural History - 'n Baie groot museum. Ons het hier afgeklim en na die Shedd Akwarium daar naby gegaan. Daar het ons 'n dolfyn-vertoning, walvisse en interessante seelewe gesien.
- Sheraton Hotel
- Navy Pier - Ons was die vorige dag self al by die Navy Pier en het nie weer hier afgeklim nie.
- Wacker North
- Hancock Center - Die John Hancock gebou in Chicago was op sy dag die hoogste gebou in die wereld buite New York. Dit het self 100 vloere en ons was op tot by vloer 96. Vir sy getroue aanhangers: Dit klink asof Jerry Springer daar binne-in die Hancock bly. Aan die voet van die Hancock is 'n Cheesecake Factory restaurant waar ons weereens geeet het. Daar naby is ook 'n Hershey's chocolate winkel waarby ons definitief 'n draai moes maak. Hershey's maak lekker chocolate en is baie bekend vir die "Chocolate Kisses" wat hulle maak. Ons is ook in 'n reuse boekwinkel daar naby (Boarders). Die winkel is versprei oor 3 vloere en as ons nou nie nog 'n deel van die stad wou gesien het nie, sou ons definitief baie tyd daar kon spandeer.
- Water Tower - Daar word gese^ dat dit die enigste gebou in Chicago is wat die groot Chicago vuur in 1871 oorleef het, maar dit is nie heeltemal waar nie. Dit was die enigste gebou in 'n groot deel, maar daar was darem ander geboue in ander dele van die stad. Vir die wat nie weet van die groot vuur nie, gaan lees maar bietjie op daaroor. Dit maak 'n groot deel uit van Chicago se geskiedenis en daar word geglo dat die vuur ontstaan het deur 'n koei wat 'n lamp omgeskop het! (Daar is ook ander stories van hoe dit ontstaan het).
- River North - 'n Deel aan die noordekant van die Chicago rivier ('n rivier wat deur die stad kronkel, en in die Michigan meer inloop).
Ons het ook 'n ekstra stukkie toer roete gedoen, waar ons die volgende gesien het:
- Chinatown - Ons het hier afgeklim om hulle eie Chinatown te bekyk, maar dit het nogal afgesteek teen die ander stede (San Francisco en New York). Die Chinatown in Chicago is net een korterige straat met net BAIE Chinese restaurante.
- Little Italy - Hulle eie Italiaanse deel.
- West Loop
- Greektown - Hulle eie stukkie Griekeland binne-in Chicago.
Om op te som, was Chicago een van die mooiste stede wat ek nog in Amerika gesien het. Dit was nie so gejaag soos New York nie en al die mense waarmee ons te doen gehad het was baie vriendelik. Ek het regtig gevoel asof dit een stad is waarin ek nou nogal sal kan bly.
Volgende naweek gaan ons Washington toe net vir die naweek. Hou aan om hierdie blog te lees as julle meer wil hoor oor Washington!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home