Terug by die Cowboys
Ek is veilig terug in die land van die Cowboys, na my 2 en 'n half weke kuiertjie in S.A. Ek glo darem dit was die moeite werd (ten minste vir die klient wat ek gaan sien het). Ek moet nou nogsteeds goed van hulle af kry om te kan aangaan, maar ten minste het ek al klaar 'n paar goedjies in die pyplyn om te doen.
Die vlug terug na Amerika was maar lank. Die moontlike posisies van jou lyf op die ekonomiese klas sitplekkie is maar redelik beperk! Alles het darem goed afgeloop, en ek en my tas het darem op dieselfde tyd in Dallas aangeland. Ek het toe sommer 'n taxi by die lughawe gekry wat my huis toe gebring het. Ek was so 14:00 se kant by die huis, en ek en Jana was maar baie bly dat ek nie veel langer weg was nie. Dink nie ons sou dit oorleef het nie! Dit was net jammer om by die huis uit te vind dat een of ander "vliegtuig-bagaise-pakker" bietjie lang vingers gehad het, en in een van my tas se voorste zippies homself gehelp het met chocolates wat Jana se ma vir ons gestuur het. Dit maak mens sommer hartseer dat iemand sommer so iemand anders se goed kan vat! Ten minste was my groot deel van die tas gesluit en was alles darem nog daar.
Ek was baie moeg van die vlieg, en Jana was maar nogsteeds moeg van haar harde werkery die afgelope ruk. Dit was toe vir ons genoeg verskoning om omtrent 18:00 al te gaan slaap, en eers die volgende dag 13:00 op te staan! Dit het die hele Saterdag en Sondag gereen, wat die slapie net soveel lekkerder gemaak het.
Jana het my toe Sondagaand na 'n groot Walmart gevat wat sy intussen in Dallas ontdek het. Dit is baie groot en het iets van alles! Ons het sommer bietjie kruideniers gekoop, aangesien die butler nou weer terug is.
Dit behoort nou stadig maar seker rustiger te raak by Jana se werk, so ons behoort meer tyd vir onsself te he^. Hulle het nog deadlines, maar belowe dat dit ten minste teen die einde van Maart al rustiger behoort te wees. So ek sal julle maar op hoogte hou van wat ons met ons tyd aanvang.

6 Comments:
Wel, wees bly dat jou tas se slot nie geknip was nie. My ma hulle se slot is geknip en netjies in 'n FBI stickertjie toegeplak wat gese het dat hulle die reg het om enige tas oop te maak en te deursoek nes hulle wil. Gelukkig was daar van hulle goed ook nie gesteel nie alhoewel dit mens nogal goed kwaad maak om te dink dat hulle net sommer jou tas mag oopmaak en deurgaan asof jy iets wegsteek.
Goed om te hoor dat jy darem veilig daar is. Geniet dit!
By
Francois, at 12:29 PM
Julle weet seker dat as jy op SAA vlugte vir "black pepper" vra julle 'n kopie van die Sowetan kry.
In elk geval, die draft van my DSc Tesis is toe goedgekeur maar aangesien dit nie 'n PH.D is nie moet dit eers in Galgary (iewers naby julle - of is niks naby mekaar daar nie?) gelees en gewaardeer word.
Min slaap, swak ogies en teveel bier. Maar nou kan ek tik dat dit bars (841 bladsye!!)en ek weet ook dat menslike afval baie toepassings het. As julle iets wil weet van water, vra my. Dit is nat en as jy jou hand daarin steek, los dit nie 'n gat nie. Die formule is HIJKLMNO - "H to O".
Pa Basie.
By
Anonymous, at 12:51 PM
Dit is wonderlik om my man terug te he by my, daar waar hy hoort. Ek gaan hom van nou af aan my vasketting, ek het te veel na hom verlang.
Dankie tog, daar was darem nog ander chocolates in die deel wat toegesluit was! En lekker Bakers koekies (the Bakers man CAN) en briefies (wat my baie huistoe laat verlang het) En natuurlik rooibostee ;-)
By
Anonymous, at 8:05 PM
Goed om te hoor dat die rooibos tee darem nie gedief is erens langs die pad nie, hehehe ;). Dit sou definitief 'n tragedie gewees het en ons sou moes oorvlieg om dit vir julle te bring.
Ek hoop darem dat jy nou elke aand darem so 'n koppietjie sal maak en terug verlang na moeder Afrika ;)
Groete daai kant.....
By
Francois, at 4:32 PM
Mis julle,nogal snaaks om vir jaco te sien en jy is nie daar nie,liefde tiaan vicki en seuns
By
Anonymous, at 8:29 PM

Post a Comment
<< Home