Los Angeles
Laas naweek was ons laaste naweek-uitstappie hier binnie die US en ons was Los Angeles toe vir dit. Al wat nou oorbly is een naweek in Dallas en dan 'n week vakansie in Vancouver dan is ons oppad terug.
Ons het die Vrydagaand by die lughawe aangekom en moes bietjie wag vir 'n shuttle bussie wat ons na ons hotel sou vat. Die lughawe was verskriklik besig en die mense ry net soos hulle wil! Oppad na ons hotel het ons verby 'n blok gery wat die polisie afgekamp het. Dit het omtrent soos in die movies gelyk. Baie polisiekarre en net ligte. Wonder nogsteeds wat daar gebeur het?
Die Saterdagoggend het ons vroeg begin met 'n toer van die stad. Ons het voor die tyd kaartjies gekoop vir 2 toere die dag. Die oggend was Hollywood, Beverly Hills en Los Angeles en die middag 'n toer van die movie-sterre se huise in Beverly Hills.
Die toergids het darem baie van Los Angeles geweet en het ons breine toegegooi met inligting en geskiedenis. Tydens die toer het ons ook allerhande Hollywood trivia gekry van watter dele van flieks op sekere plekke geskiet is. Op die toer het ons die volgende gesien:

Daarna het ons met 'n toergids in 'n kleiner bussie in Beverly Hills rondgery waar hy vir ons by die huise van bekende mense omgevat het. Hy het ons voor die tyd gewaarsku dat die toer nie baie insiggewend is nie, en alles gaan maar oor skinder-stories en hoe die publiek so behep is met die movie sterre.
Die sterre hou natuurlik glad nie van al die aandag van die publiek nie. Die toergids het ons vertel hoe ongeskik hulle partykeer is as mens hulle sien. Die strate in Beverly Hills waar baie van hulle huise is, het ook nie sypaadjies nie. Dit is lyk my so gemaak dat mense nie daar moet rondloop nie, maar niks kan die toerbussies keer wat daar rondry en bietjie voor elke huis stop nie!
Mens kan nie altyd veel sien nie. Gewoonlik net 'n hek of heining, maar jy kry darem 'n idee van hoe groot en "grand" die plekke is.
Ons het huise gesien van onder andere Elvis (of natuurlik waar hy gebly het), Dr. Phil, Christina Aguilera, Jean-Claude van Damme, die Ozbornes en Madonna.
Die een straat wat Beverly Hills van die res van Los Angeles (Hollywood) skei, is Santa Monica Boulevard. Die toergids het daar gery en ons laat oplet hoe dit verskil aan weerskante van die straat. Beverly Hills se kant het mooi groen tuine en baie groot huise, terwyl die LA kant vuil en afgeskeep lyk. Dit wys maar net hoe daardie mense in hulle eie wereldjie lewe!
Daar bly nou net 'n paar reelings en baie inpak oor voordat ons Vancouver toe gaan. Ons moet uit ons woonstelletjie trek voordat ons Vancouver toe gaan, so dit los ons met net so bietjie meer as 'n week in Dallas - kan amper nie glo dat die tyd so gevlieg het nie!

- Hollywood Bowl - 'n Amphi Teater wat meestal gebruik word vir musiek vertonings in Hollywood.
- Hollywood Walk of Fame - Dit is die sypaadjie langs Hollywood Boulevard, waar daar sulke sterre op die grond is vir bekende mense in Hollywood. Daar is op die oomblik meer as 2000 sulke sterre. Ons het sterre gesien van onder andere Jackie Chan, die Bee Gees, Celine Dion, Nicole Kidman, Charlize Theron, Whoopi Goldberg, John Travolta, Elton John ens.
- Kodak Theatre - Dit is waar die Acadamy Awards gehou word vanaf 2002.
- Grauman's Chinese Theatre - 'n Baie bekende teater ook in Hollywood Boulevard. Die Acadamy Awards was voorheen al daar ook gehou. Die gebou het 'n baie sterk Chinese styl. Voor die gebou is daar sulke blokke sement op die grond waarin party bekende mense hand en/of voet afdrukke gemaak het en boodskappies geskryf het. Ons het afdrukke gesien van onder andere Mel Gibson, Tom Cruise, Bette Davis, Sylvester Stallone en selfs Donald Duck!
- Rodeo Drive - Bekende straat in Beverly Hills met baie bekende en duur designer winkels soos Versace, Gucci, Lacoste, ens. Daar is ook 'n winkel van De Beers!
- La Brea Tar pits - Dit is 'n deel in Los Angeles, waar "Asphalt" (amper iets soos teer) sommer deur die oppervlak kom. Daar is lyk my ook baie fossiele en goed in daardie gebied gekry. Hulle het so een swart dammetjie wat afgekamp is waarin daar 'n paar olifant standbeelde is.
- Farmer's Market - 'n Deel in Los Angeles wat bestaan uit klomp restaurantjies en vars produkte. Ons het daar oorgestop vir middagete. Die plek was baie besig en dit was baie warm!
- Downtown LA - Ons het ook in die middestad gery. Daar is mooier dele, maar die meeste wat ons van LA gesien het, was maar vuil en bietjie afgeskeep. Die toergids het ons vertel van al die planne om die middestad weer bietjie lewe te gee en beter te maak.
- Disney Theatre - 'n Groot teater in Los Angeles met 'n snaakse boustyl van buite.
- Union Station - Los Angeles se groot stasie. Ons was nie binne die gebou nie, maar dit vergelyk glo met Grand Central in New York. Union Station in Los Angeles is glo ook gebruik in baie flieks.
- Olvera Street - Dit is bekend as die straat waar Los Angeles ontstaan het.
- Chinatown - Ons het net so vinnige kykie van die Chinatown in Los Angeles gekry. Dit is lyk my glad nie so groot soos die Chinatowns in die ander stede nie.
- Griffith Observatory - Dit is 'n observatory teenaan Mount Hollywood. Mens kan nie daar ingaan nie, want hulle is nou al lank besig met restourasie werk, maar ons kon dit darem van ver af sien.
- Hollywood Sign - Die bekende Hollywood sign teen die berg. Ons kon ook net 'n vinnige paar fototjies daarvan inpas terwyl ons gery het.

Daarna het ons met 'n toergids in 'n kleiner bussie in Beverly Hills rondgery waar hy vir ons by die huise van bekende mense omgevat het. Hy het ons voor die tyd gewaarsku dat die toer nie baie insiggewend is nie, en alles gaan maar oor skinder-stories en hoe die publiek so behep is met die movie sterre.
Die sterre hou natuurlik glad nie van al die aandag van die publiek nie. Die toergids het ons vertel hoe ongeskik hulle partykeer is as mens hulle sien. Die strate in Beverly Hills waar baie van hulle huise is, het ook nie sypaadjies nie. Dit is lyk my so gemaak dat mense nie daar moet rondloop nie, maar niks kan die toerbussies keer wat daar rondry en bietjie voor elke huis stop nie!
Mens kan nie altyd veel sien nie. Gewoonlik net 'n hek of heining, maar jy kry darem 'n idee van hoe groot en "grand" die plekke is.
Ons het huise gesien van onder andere Elvis (of natuurlik waar hy gebly het), Dr. Phil, Christina Aguilera, Jean-Claude van Damme, die Ozbornes en Madonna.
Die een straat wat Beverly Hills van die res van Los Angeles (Hollywood) skei, is Santa Monica Boulevard. Die toergids het daar gery en ons laat oplet hoe dit verskil aan weerskante van die straat. Beverly Hills se kant het mooi groen tuine en baie groot huise, terwyl die LA kant vuil en afgeskeep lyk. Dit wys maar net hoe daardie mense in hulle eie wereldjie lewe!
Daar bly nou net 'n paar reelings en baie inpak oor voordat ons Vancouver toe gaan. Ons moet uit ons woonstelletjie trek voordat ons Vancouver toe gaan, so dit los ons met net so bietjie meer as 'n week in Dallas - kan amper nie glo dat die tyd so gevlieg het nie!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home