Ys-boks
Jana se nefie (Christian) het gister kom kuier van Vancouver af. Hy het 3:30AM Dallas tyd hier aangekom en ons het besluit om hom by die lughawe te gaan oplaai, dan spaar mens darem die taxi onkoste. Ek het maar laat Jana slaap, aangesien sy die hele dag nog moet gaan werk. So ek het toe in die strate van Dallas ingevaar in die middel van die nag, op soek na die lughawe. Dit was darem nie so erg nie! Ek was darem gewapen met 'n Dallas kaart en 'n uitgewerkte plannetjie in my kop ;-) Gelukkig was ek omtrent die enigste kar op die pad. Alles het toe goed afgeloop, en ons het weer so bietjie kom slaap.
Deur die dag het ek en Christian bietjie 'n draai gaan loop in die omgewing. Middagete gekry en sommer 'n draai in die stad ook geloop.
Gisteraand het ons toe gaan hokkie kyk. Dit was ook in die American Airlines Center (waar die football was). Dit is die NHL (National Hockey League) wat ons gekyk het, en die Dallas Stars het teen die Anaheim Mighty Ducks gespeel. Die Mighty Ducks was toe nou nie so mighty nie, en het 2-1 verloor. Net soos met die football, het hulle ook 'n groot storie gemaak van die hokkie en ek moet se^, dit was baie opwindend. Christian speel self ook hokkie en dit was lekker om 'n lopende reelboek byderhand te he^.
Die hokkie ouens raak nogal redelik opgewerk, maar ek neem hulle nie kwalik nie. Hulle stamp mekaar die heeltyd rond en ek sou ook begin appels swaai het as enige ou my sommer so teen die kant kom vasduik. En van "appels swaai" het ons genoeg gesien. So al was die kaartjies baie duur, het ons darem nie net hokkie gesien nie.. daar was hokkie, figure skating, boks, stoei en WWF!
Die hokkie ouens gebruik 'n mooi Engelse woord om hulle bakleiery op 'n sagte manier te stel. Hulle noem dit "roughing". Dit klink vir my soos twee kleuterskool laaities wat bietjie stoei, maar glo my, dit lyk bietjie anders in yshokkie!
Groete, tot die volgende nuus!
Deur die dag het ek en Christian bietjie 'n draai gaan loop in die omgewing. Middagete gekry en sommer 'n draai in die stad ook geloop.
Gisteraand het ons toe gaan hokkie kyk. Dit was ook in die American Airlines Center (waar die football was). Dit is die NHL (National Hockey League) wat ons gekyk het, en die Dallas Stars het teen die Anaheim Mighty Ducks gespeel. Die Mighty Ducks was toe nou nie so mighty nie, en het 2-1 verloor. Net soos met die football, het hulle ook 'n groot storie gemaak van die hokkie en ek moet se^, dit was baie opwindend. Christian speel self ook hokkie en dit was lekker om 'n lopende reelboek byderhand te he^.
Die hokkie ouens raak nogal redelik opgewerk, maar ek neem hulle nie kwalik nie. Hulle stamp mekaar die heeltyd rond en ek sou ook begin appels swaai het as enige ou my sommer so teen die kant kom vasduik. En van "appels swaai" het ons genoeg gesien. So al was die kaartjies baie duur, het ons darem nie net hokkie gesien nie.. daar was hokkie, figure skating, boks, stoei en WWF!Die hokkie ouens gebruik 'n mooi Engelse woord om hulle bakleiery op 'n sagte manier te stel. Hulle noem dit "roughing". Dit klink vir my soos twee kleuterskool laaities wat bietjie stoei, maar glo my, dit lyk bietjie anders in yshokkie!
Groete, tot die volgende nuus!

0 Comments:
Post a Comment
<< Home