Naweekplanne vasgevries
Ons Billy Bob's en Dallas Arts District planne vir die naweek het toe ongelukkig nie gerealiseer nie. Dit was baie koud oor die naweek en ons het 'n tipe ysreen gehad. Dit veroorsaak dat die paaie so yslagie kry. Op die televisie het dit omtrent soos stampkarretjies gelyk op die highways! Al hou ons van stampkarretjies, was ons nie baie lus om uit te gaan en dit te probeer nie.. seker maar omdat dit 'n vreemde land is, en o, ja - die kar is outomaties ook, so ek kan nie lekker "terug gear" om beter effek te kry nie! Alle grappies op 'n stokkie - die gladde paaie het ons toe maar binne die huis gehou!
Ons het maar bietjie DVD gekyk en Jana het bietjie opgevang met training en goed wat sy nog moes doen vir die werk.
Dit lyk asof hierdie week darem bietjie warmer gaan word. Jana het weer die vooruitsig van lang ure, maar ons maak maar die beste van elke oomblik.
Voor ek weer vergeet, baie geluk aan die Gestetner Eagles, wat toe die Pro20 finaal gewen het! Ek is seker Bloemfontein se deure is wawyd oop vir almal wat al die trofees vir sporte in S.A op een hoop wil sien ;-)

6 Comments:
My kind wat die beskuit betref probeer vra vir iets soos biscotti(ek is nie seker of my spelling reg is nie) Kom van een of ander land maar is min of meer soos beskuit net ek dink meer in die lyn van gedroogde koek. Ma bak solank beskuit vir die terugkom Liefde Ma
By
Anonymous, at 9:57 PM
hehe, janee die keer moes die Cape Cobras die knie buig. According to all accounts moes hulle actually teen die leeus gespeel het maar die game teen die Cape Cobras en die Leeus was net 7 overs. Elk geval BAIE geluk :)
Almal is maar bietjie jaloers op die Vrystaat lyk dit my :)
By
Francois, at 9:14 AM
Groot bêk.....
By
dirk, at 10:47 AM
Die semi was tussen die titans en die dolphins, nie die leeus nie. Ons moet darem vir die Vrystaat ook 'n kans gee ... :)
By
Anonymous, at 8:19 AM
oops, ek bedoel die cobras (skuus nie die dolphins nie) en die titans ... sorry.
By
Anonymous, at 8:20 AM
Hoor nou julle Vrystaters... As julle so gaan wees, gaan die regte unies julle nie weer 'n kans gee om te wen nie. Moet nou nie die hele arm gryp nie.
By
Anonymous, at 9:39 AM
Post a Comment
<< Home