Shopping
Ons het nou nog nie eintlik veel uit gegaan nie, so die meeste wat ek julle kan vertel is van die goedjies wat ons koop en wat ons in winkels sien.
Ek het julle vertel dat ek vir Valentynsdag vir ons 'n bottel wyn gekoop het. Dit was by so Wal-mart winkeltjie. Wat ek nie gese^ het nie, was dat die till-tannie my toe sommer vir my I.D vra! Ek weet ek dra my jare goed, maar regtig.. met my stoppelbaard en al! Ek dink dis seker maar wet by hulle of iets? Ek het toe nie eers my paspoort by my gehad nie, en wys toe maar vir haar my S.A bestuurderslisensie. My geboortedatum is baie klein daar erens op. Sy was toe heel gelukkig en tik die datum op die till in. So dit lyk vir my hulle moet dit vra.
Intussen het ek agtergekom dat nie almal dit doen nie. Dit hang seker maar af hoe die weer is.
Party winkels gee ook sulke kaartjies wat 'n tipe "loyalty card" is. As jy die kaartjie wys wanneer jy betaal, dan kry jy sommer afslag op die goed. Die kaartjies kos gewoonlik niks. Jy moet maar net 'n vormpie invul. Mens weet net nie altyd watter winkels het nou eintlik sulke kaartjies nie. Ons het nog net kaartjies by Albertsons, die supermark winkeltjie hier naby ons, en dis ook maar net omdat die tannie wat ons rondgewys het ons gehelp het daarmee!
As mens met jou kredietkaart betaal dan teken jy by baie van die plekke ook maar op 'n uitgedrukte strokie (soos wat ons gewoonlik doen). Maar dan is daar ander plekke wat so "touch-screen" het. Jy moet dan met so spesiale pen sommer op hierdie ding teken. Elektronies en als! Ek het dit nog nie self gedoen nie, maar ek het al dop gehou as die "bobaas kredietkaart-swiper" in ons huis (dis nou Jana vir die wat wonder) dit doen.
Nog iets wat ek opgemerk het is dat die vervaardigers sommer mekaar aanvat en produkte vergelyk op hulle advertensies en produkte self. Lyk my hulle kan dit sommer direk doen. In S.A moet hulle wille skimpe gooi om te wys hulle is beter as die ander. Hier sal jy bv 'n seep koop, dan se^ dit sommer op die boks dat hulle beter is as 'n ander soort (by die naam)! Een van die advertensies op die televisie vir internet se^ hulle ook sommer dat hulle internet vinniger is as een van die ander providers.
Ons het gisteraand vir ons gaan pizza koop by 'n plekkie hiernaby om sommer by die huis te kom eet. Wat ons nou ook al agtergekom het, is dat hulle nie juis van "Take Aways" praat nie - dit is "To Go". So ons het vir ons "To Go" pizza gaan koop. Karien het ons al voor die tyd gewaarsku, en ons het dit gisteraand ook gesien. Pizza is een van die goed wat jy nie moet oorskakel Rand toe nie, want dan sal jy dit nooit koop nie. Ons het gisteraand 'n allemintige $20 vir ons pizza betaal! Ek moet se^ dat dit 'n reuse ding was. Ek was maar bietjie skepties oor die grootte, en bestel toe 'n Extra Large. Ek moes van beter geweet het in Texas! Die Extra Large was toe genoeg vir my vir 'n hele ete vandag ook!
Intussen vorder ons toerplanne. Ons wil nou kaartjies bespreek vir die week in New York saam met Eben-hulle. Ek en Jana oorweeg om op pad terug net vir so 2 dae in Chicago oor te stop. Jana se nefie (wat in Kanada bly) wil ook vir 'n paar dae by ons in Dallas kom kuier. Dan wil ons ook heel aan die einde (seker so die eerste week in Julie) vir hulle in Vancouver gaan kuier. Sal julle meer vertel sodra dit gereel is.

1 Comments:
Ja nee, ek kan onthou dat ek ook die duurste pizza van my lewe gekoop het in die US. Dit was $15 gewees en toe was die R/$ wissel koers oor die R10 'n $. Maar soos jy se die pizza het my omtrent 2 dae gehou. Een ding van hulle pizzas is dat dit verskriklik olierig was vir my. Nou nie dat dit nie lekker was nie maar ek wonder of hulle dalk nie ander kaas gebruik nie.
Lyk my jy sal dalk maar daai kaart moet wegneem van die master shopper af ;).
Groete daai kant
By
Francois, at 10:37 AM
Post a Comment
<< Home