Jouberts in Dallas

Monday, February 13, 2006

Nuwe speelgoed

Ons was Saterdagaand toe na 'n ander mall in Dallas, die Northpark mall. Dit het ook baie winkels, maar ons het besluit dat die malls bietjie anders is hier as in S.A. Hulle het omtrent net die eksklusiewe winkels met duur goed en fancy eetplekke. Ons gaan meer vir scenery en nie juis om iets te koop nie. As jy goed wil koop moet jy maar in die buurte rondry na winkels toe. Hulle het meer goed soos "crossings" waar paar winkels parkering deel. Dis waar jy winkels kry soos Target, Best Buy, CompUSA, Wal-mart, ens.

Ek en Jana wissel nou al die bestuurdery met ons Ford af, so ons altwee kom al redelik reg. Dit is nogsteeds 'n baie snaakse gevoel om aan die verkeerde kant van die kar te sit en aan die verkeerde kant van die pad te ry! Dit help baie as ons twee in die kar is, maar as mens bietjie senuwee-agtig raak dan neem ons instinkte oor!

Ons het gisteraand by 'n Chinese plekkie take-aways gekoop. Dit was nogal lekker en gee ook so baie kos soos by ons. Hulle gebruik 'n fancy ding as jy take-aways bestel. Jy kry so dingetjie wat jy vashou in jou hand as jy klaar jou bestelling geplaas het. Dan kan jy gaan sit en wag vir jou kos. Sodra jou kos reg is, dan vibreer die ding in jou hand sommer! Dan weet jy dis jou beurt om vorentoe te gaan en jou kos te kry.

Vanoggend (Sondag oggend) het ons redelik laat geslaap en het die wonder van die internet gebruik om met my broer te gesels. Ons kon mekaar sien en gesels deur MSN Messenger. Ek was nogal beindruk met die kwaliteit!
Die een meisie waarmee Jana al gesels het wat hier in ons gebou bly, en ook op secondment is van Bloemfontein af het vanoggend by ons kom koffie drink. Dit was nogal lekker om weer met iemand anders Afrikaans te kan praat! Sy is nou al so 3 weke hier en het ons van 'n paar goedjies vertel.

Daarna het ons omtrent in die strate verdwaal op soek na 'n Best Buy. Hulle is een van die groot winkels hier vir elektroniese toerusting. Ons koop toe 'n "wireless router". Dis iets waarmee ek en Jana nou altwee gelyk met ons notebook rekenaars op die internet kan gaan sonder drade in ons woonstel. So ons kan nou enige plek in die woonstel sit en op die "information highway" spring!
Ons skraap toe ook bietjie ons moed bymekaar en koop vir ons 'n goeie digitale kamera. Dit is 'n Canon EOS 350D. Francois het ook so een en ek het al baie goeie goed van hom gehoor (dis nou goeie goed van die kamera en nie van Francois nie...) So nou het ons 'n goeie kamera waarmee ons Amerika mooi kan afneem! Ek is nou besig om bietjie my fotografie kennis op te skerp sodat ek darem die kamera kan bedryf en nie heeltemal soos 'n amateur lyk nie.

Aangesien ek ook nou al tekkies het gaan ek hopelik van more (Maandag) begin gym. Ek moet darem seker beter lyk voordag ek (hopelik) vir Chuck Norris ontmoet!
Jana werk nou baie hard en ons sal vir die eerste ruk mooi moet beplan aan wat ons elke naweek wil doen. Ek sal hierdie week bietjie rondkyk vir wat ons volgende naweek kan doen. Hopelik is Jana-hulle minder besig na hulle eerste deadline, wat so helfte Maart is.

Lekker week vir almal.. Sal julle op hoogte hou!

2 Comments:

  • Geluk met die kamera! :) Kan nie wag om die fotos te sien wat julle daar neem nie. Aangesien julle nou nie goeie goed van my hoor nie ;), weet ons darem dat die kamera dan goed moet wees :)

    By Blogger Francois, at 9:32 AM  

  • Dankie! Ek sal definitief jou laat weet as ek bietjie vrae het oor die kamera of fotos.
    Ons het ongelukkig nog nie regtig tyd gehad vir fotos nie.. Dis nog redelik koud.
    Hopelik is die naweek bietjie beter.

    By Blogger Jaco Joubert, at 4:20 PM  

Post a Comment

<< Home