Jouberts in Dallas

Thursday, February 16, 2006

Amerikaanse karre gebruik "gas"

Ons het gisteraand vir die eerste keer gaan "gas" ingooi soos hierdie mense sal se^. Jana het van die werk af gekom, en my kom oplaai by die huis om saam met haar te gaan. Aangesien mens dit self moet doen, sal dit seker beter wees as ons altwee die nuwe ervaring deurmaak! Ons stop toe by 'n Shell garage net hier naby. Die pomp verduidelik darem redelik mooi wat mens moet doen. Jy kan of voor die tyd kontant gaan betaal binne, of jy kan sommer jou kredietkaart by die pomp swipe voor die tyd. Die ding se^ toe dat hy jou vra vir 'n zip-code as jy jou kredietkaart swipe, en alle internasionale kredietkaarte moet eers na die kantoortjie gevat word. Jana moet nog 'n kredietkaart kry by die PwC hier, so sy gaan toe binne-toe, waar die ou die pomp "aansit", en sommer haar kredietkaart hou.
Ons gooi toe vir die eerste keer in ons lewens SELF petrol in.. ag, ek bedoel "gas". Dit was darem nie te moeilik nie! Ek dink dit was omtrent so $40 in totaal. Kan nie mooi onthou nie, maar ek dink dit was so $2.25 / gallon (wat so 3.8 liter is), so hulle petrol is redelik goedkoper as ons sin (werk uit op so +- R3.60 per liter).

Lyk my die Amerikaners is baie groot op Valentynsdag. Hulle spandeer verskriklik baie geld, en alle winkels is reg vir die rush. Jana se^ van die mense by haar werk se^ 'n bos rose kan sommer $70 kos! Ons het maar die stiller Valentynsdag gekies en ek het vir ons biejie kos gemaak by die woonstel. Ons het ook 'n bottel wyn gehad wat van California af kom. Dit was nogal lekker.

Die internet in ons woonstel het vanoggend sommer weer af gegaan. Ek bel toe die mense wat die netwerke hier doen, en ons was vir 'n hele ruk op die telefoon totdat hulle besluit het om maar iemand uit te stuur. So bietjie later peuter ek toe sommer self by die kassie hier waar die netwerk drade inkom. En wat wou.. daar werk dit toe sommer weer! Daar is seker een of ander konneksie wat nie lekker is nie. So nou kom die technician nie meer nie.

Ek het ook die goeie nuus gekry dat my werk vir my 'n kaartjie sal koop om na 'n Java konferensie te gaan. Dit is 'n konferensie oor die programmeertaal wat ek op die oomblik redelik baie gebruik. Die konferensie is van 16 - 19 Mei in San Fransisco. Ek moet net my eie vervoer en verblyf betaal. Die konferensie-kaartjie was so duur, dat ek glad nie omgee vir dit nie! Jana sal seker nie kan saamgaan nie, want ons wil dalk die week daarna verlof vat om saam met Eben-hulle bietjie vakansie te hou.. miskien meer na New York se kant toe.

Jana het 'n e-mail uitgestuur vir klomp mense om ook so bietjie haar weergawe van die gebeure tot dusver te vertel. Daarin het sy die web-site link gesit na die plek waar ons fotos is. Daar is nog nie baie nie, maar ons sal dit aanvul soos die tyd verloop. So die van julle wat nie die e-mail gekry het nie, of ook wil weet waar die fotos is, kan my sommer net e-mail.

Tot volgende keer..

4 Comments:

  • Ai joubertjies... alles klink so lekker! Julle moet kyk na die gas - verskillende petrol stasies se gas kos verskillende pryse (miskien is die beter of swakker gas maar ek dink nie dit maak veel saak nie) ook kyk uit vir CeCe Pizza - frydag aande betaal jy $5 dan eet jy soveel pizza jy kan, en jy gaan haal dit soos 'n buffet so jy kan een slize op 'n slag. jaco jy skryf verskrikklik snaaks dit is rerig 'n gawe!! Ek geniet dit vreeslik jou taal gebruik en sit hier alleen by die werk maar lag hardop vir skerm. Ek sal die "diary" print en vir die schoeman family vat om ook te lees en op hoogte te hou. Ek het nog nie my chat download nie want ek kry maandag 'n nuwe rekenaar maar een van die dae kan julle my gisigie ook weer sien - natuurlik raak ek net mooier by die dag en ek wil nie he julle moet te agter raak nie. Baie liefde Es

    By Anonymous Anonymous, at 3:51 PM  

  • Hi, Es - lekker om van jou te hoor!

    Ons het gesien die "gas" kos verskillende pryse, so volgende keer sal ons bietjie 'n ander een soek. Die tannie wat ons rondgewys het het gese^ "Race Trac" is lyk my redelik goedkoop... (hoop nie dis fyngemaalde muis binnegoed wat hulle ingooi nie!)

    Jou pizza idee klink ook goed - sal dit definitief gaan opsoek.

    By Blogger Jaco Joubert, at 2:30 AM  

  • Hi Jaco & gade,

    Kyk gerus ook of daar 'n Safeway petrol stasie naby julle is. As jy 'n safeway kaart het, kry jy gewoonlik 'n 5-10% afslag op jou grocery aankope. Jy kan met dieselfde kaart ook afslag kry op 'gas'.

    Riaan Brits

    By Anonymous Anonymous, at 10:45 AM  

  • Riaan, dankie vir die raad! Dis lekker om so van almal te hoor wat al in die groot 'U.S of A' was!
    Ons sal bietjie die Safeway opsoek ;-)

    By Blogger Jaco Joubert, at 3:55 PM  

Post a Comment

<< Home