Jouberts in Dallas

Tuesday, February 14, 2006

Go Cheetahs!

Ek sal later seker meer nuus uit Amerika vertel. Hier is sommer so bietjie nuus op S.A bodem. Wou net gou seker maak almal is bewus daarvan dat die Vrystaters besig is om geskiedenis te maak..

Die hele wereld weet seker teen hierdie tyd dat ons die Currie-beker kampioene is.. Toe wen ons nog die Standard Bank krieket reeks ook, en ek sien ons speel nou Sondag in die Pro20 krieket finaal ook mmm dit moet een of ander rekord wees. Ons raak nou soos die Australie van wereld sport?

Die ander provinsies sal maar nuwe sporte moet uitdink as hulle ook in iets wil wen.. Ek sal as ons terug is vir hulle kom vertel van baseball, basketball en football ;-)

Maar wag, laat ek nie te gou praat nie - alle sterkte vir die Gestetner Eagles vir Sondag! Viva die wit tornado!

2 Comments:

  • Net om 'n punt op te klaar. Die 'kampioene' het toe in die stof gebyt teen die magtige Blou Bulle in die eerste wedstryd van die super 14. Sal maar sien hoe dit in die res van die kompetisie gaan.

    By Blogger dirk, at 10:46 AM  

  • Ek het geweet dit moet seker erens opgebring word ;-)
    Ons het miskien die 'battle' verloor, maar die oorlog is nog lank nie verby nie.. haha - nee baie geluk aan die blou koeie, hulle bly maar die span om te wen!

    By Blogger Jaco Joubert, at 4:25 PM  

Post a Comment

<< Home