Jouberts in Dallas

Saturday, February 11, 2006

Eerste shopping

Ons het gisteraand vir die eerste keer na 'n shopping mall gegaan hier in Dallas. Dit was die Galleria mall bietjie na die noordekant van Dallas. Klink my dit was een van die eerste malls in Dallas (dalk een van die eerstes in die U.S?). Die mall is nogal groot: 3 vloere met 'n hele klomp winkels. Dit is baie moeilik om die grootte te skat, maar ek dink nie dit het veel meer winkels as Menlyn nie (miskien so klein bietjie meer).
Maar ek is alweer besig om die storie vooruit te hardloop.. laat ek julle eers vertel hoe ek daar gekom het..

Jana se klient is redelik naby die Galleria mall en sy sou tot so 18:00 gewerk het. Ek besluit toe om bietjie die "public transport" uit te toets om daar te kom. Taxis (cabs) lyk maar redelik duur, so ek kyk toe na hulle bus / trein diens wat hulle hier het. Hulle noem dit DART (Dallas Area Rapid Transport). Hulle het darem 'n redelike goeie web-site, so ek kon goed agterkom wat ek daar moet doen. Ek stap toe na die naaste trein stasietjie hier by ons, koop 'n "day pass" vir $2.50, wat jou toelaat om vir 'n hele dag op enige DART bus of treintjie te ry. Die treintjie vat my toe na 'n volgende stasie waar ek afklim en wag vir die regte bus. Die bus ry redelik vinnig en stop net by sy eie bus stoppe as daar iemand staan om op te klim, of as jy so knoppie binne die bus druk om te wys jy wil afklim. Dit was vir my net bietjie moeilik om te besluit waar ek wil afklim, want ek ken mos nou nie die omgewing nie! Gelukkig het ek voor die tyd bietjie na die kaarte en goed gekyk (Google Earth en die internet is darem wonderlik!). So ek kon toe reg voor Galleria mall afklim.
Nadat Jana so bietjie verdwaal het en ek en sy met "stadige" SMSe gekommunikeer het, het ek haar daar gekry. Ons sal vinnig vir ons pay-as-you-go tipe selfone hier moet kry, anders gaan ons net sukkel om met mekaar te gesels.

Ons koop toe vir ons Levis jeans, by 'n Levis winkeltjie. Hulle kos so $40 - $44 per jean, maar was afgemerk tot $30, so ons het gedink dit was nie te sleg nie. Die meeste winkels het die goeie "sales" taktiek om jou die heeltyd te vra of jy nie dalk nog iets saam met dit wat jy gekoop het wil he^ nie. By die Levis winkel sal hulle bv. vra of jy nie 'n belt of hemp saam met jou nuwe broek wil he^ nie.
Ek koop toe tekkies (New Balance) vir $49, waar hulle toe op dieselfde "wil-jy-nie-nog-iets" manier omtrent 12 pare kort wit kousies aan my afsmeer. So ek behoort nou reg te wees met sulke kousies vir die res van die jaar!
Jana het vir haar 'n Fossil donkerbril gekoop, en ons het 'n paar DVDs gekry. Dis dalk nog te vinnig om te se^, maar oor die algemeen lyk die goed redelik dieselfde geprys as by ons. Klere (brand names) lyk redelik goedkoper, DVDs is baie goedkoper (partykeer sommer $10) maar goed soos CDs is maar dieselfde (+- $20). Kos en uiteet is ook maar baie dieselfde, maar miskien moet ons probeer ophou om alles om te skakel in Rand?
Ons het ook by 'n Meksikaanse plekkie geeet. Maar gesukkel om te weet wat alles is, en weereens om te hoor wat die mense se^! Hulle kyk ons ook toe baie snaaks aan toe Jana vra vir water. Dis lyk my glad nie 'n ding wat jy in daardie restaurant kan kry nie (weet nie van ander nie). Ek dink nou net..hoe moeilik kan dit wees.. druk die glas onder die kraan in, en bring dit vir ons?

Ek het reg gekom op RSG se web-site om hulle te kan luister. Voor almal nou dink ek kan nie sonder "se^-wie met Nikkie" nie, dit was eintlik vir die Super 14 rugby! Baie jammer dat die Cheetahs verloor het, en ek kan nou al die Bulls hoor oor die currie-beker "re-match"! Maar ons almal weet dat die Vrystaat eintlik nooit 'n game verloor nie - hulle hardloop net uit tyd uit! Ek is nou besig om die Stormers - Cats game te luister. Klink of die Cats besig is om bietjie pak te kry.

Dit is interressant om te sien hoe die internet ons lewens verander (of kan verander). Ek moet byse^ dat ek nie van ons standaard "dial-up" internet in S.A praat nie, maar meer die "broadband" internet waarvan hulle so praat ;-) Dit laat mens basies toe om "video streaming" te kan doen. Daarmee kan mens dan goed soos rugby wedstryde deur jou internet kyk. Daar is allerhande kostes by betrokke, maar ek is seker al hoe meer mense doen dit. Om bv. die Super 14 te kyk, kan jy gaan na http://www.setanta.com of http://www.mediazone.com. MNET het ook 'n web-site vir Suid-Afrikaners om goed soos Carte Blanche, Egoli, ens te kan kyk: http://www.kuduclub.com/.

Een ding wat my nog partykeer deurmekaar het, is hoe hulle se^ wanneer televisie programme wys. Hulle sal bv. se^ dat 'n sekere show Vrydagaande 10PM ET/PT wys. Nou is dit dan nou 10PM Eastern time, of 10PM Pacific Time, of altwee? - Ek sal julle laat weet sodra ek dit uitgepluis het ;-)

Ek het ook nou al nog 'n paar fototjies geneem wat ons op Christian se web-site gesit het. Ons moet nou net vir Jana so ver kry om bietjie 'n e-mail vir almal te stuur, waarin sy sal se^ waar die foto's is.

Jana het gister ook met 'n paar mense gesels (oor die internet) wat van S.A af kom en nou hier in Dallas vir PwC werk. Een van hulle is al so 3 jaar hier (van Stellenbosch af), terwyl 'n ander meisie van Bloemfontein af kom en in dieselfde gebou as ons bly! - net een vloer onder ons. Sy is nou nog net so 3 weke hier en ons sal bietjie 'n plan maak om mekaar te sien.

Jana werk vandag (Saterdag) weer, so ons sal seker vanaand na 'n ander shopping plekkie gaan en more dalk bietjie in Dallas rondry - sal julle alles vertel.

5 Comments:

  • Magtie, dat die Vrystaat ondersteuner nou so 'n wedstryd kon mis. Maar moet nie bekommerd wees nie. Ons het die wedstryd opgeneem en sal dit stoor to julle terug is in die wonderlike Suid-Afrika (Eish). Waarna ons dit sal kyk asof dit live is. Sal amper dieselfde effek wees as om hier dit deur ons internet te stream. Geniet dit verder in Dallas en se^ vir JR Gattie stuur groete.

    By Anonymous Anonymous, at 3:10 PM  

  • Gattie, dis ok - jy kan maar jou gunsteling Tom & Jerry oor daai rugby-game tape..
    Tape eerder vir ons die finaal van die Super 14 hierdie jaar.. mens kan nie genoeg kry van die wit tornado in 'n finaal nie ;-)

    By Blogger Jaco Joubert, at 4:50 PM  

  • Hoowzit,ek skryf sommer van my wap gprs af,het nog nie julle boek klaar gelees nie,liefde tiaan

    By Anonymous Anonymous, at 6:48 AM  

  • Do.aand-1/4 voor 8 (1/4 voor 12 by julle)Hallo jul twee- uiteindelik is Ma ook 'n "blogger"-Ek het 'n "P.A" wat my tikwerk doen! Hoop elke dag het iets lekker,Buiten harde werk- Hoop julle het 'n sonskyn naweek! Tonne liefde Ma

    By Anonymous Anonymous, at 4:25 PM  

  • Bly om te sien almal is so aktief met die blogging! Ek wens ek het ook 'n PA gehad wat my tikwerk doen ;-)

    Jana werk maar nogsteeds baie hard. Hoop die weer laat ons toe om hierdie naweek dalk ietsie te kan doen.

    By Blogger Jaco Joubert, at 10:08 PM  

Post a Comment

<< Home