Jouberts in Dallas

Tuesday, January 31, 2006

Vat jou goed en trek...Joubertjies, vat jou goed en trek!

Ek begin hierdie blog as 'n tipe dagboekkie van my en Jana se wedervaringe in Amerika.

Ek sal regtig probeer om so gereeld as moontlik ietsie hier te skryf vir almal om te lees.. ek behoort mos baie tyd te he, aangesien ek nou huis-man gaan wees!

Net so bietjie agtergrond vir die wat nie weet nie:
Jana kon aansoek doen om deur haar werk (PricewaterhouseCoopers) op secondment te gaan na 'n oorsese kantoor van PwC. Ons het besluit dat dit 'n goeie geleentheid kan wees. So Jana het toe aansoek gedoen, maar dit het gelyk asof die regte geleentheid nie gaan opduik nie.
Ons het net begin besluit dat dit seker nie meer gaan gebeur nie, toe Jana 'n oproep kry net na ons Desember vakansie laasjaar. Hulle gee toe vir ons die geleentheid om Dallas toe te gaan vir so 5 maande (Feb - Junie 2006). Ons het bietjie getwyfel, maar op die ou end besluit dat dit 'n baie groot geleentheid is, en ons baie dom sal wees om dit nie te vat nie.
Ons weet dat ons nou 'n hele paar goed gaan mis (troues, geboortes, partytjies, familie, vriende, Vrystaat rugby...), maar as ons een of ander tyd wil weggaan, gaan ons iets moet prysgee.
Dit los ons toe met 'n maand om al ons goedjies te reel.
Die lysies het dadelik begin en soos julle seker weet, is die goedjies om te doen altyd baie meer as wat jy dink. Dit het ons nou 'n goeie maand gevat, maar ek skat die meeste is darem nou gereel. Ons het intussen ons hele huisie in bokse gepak en alles na 'n stoorplek gevat. Van die familie is ook so bietjie toegegooi met goedjies wat ons nie regtig in die stoorkamer wil los nie - ons waardeer elke stukkie kas spasie baie! - Jana sou dalk nog al ons goed erens onder 'n boom gelos het, solank die trou-album net veilig in 'n kas toegesluit is ;-)

Ons het darem altwee ons Amerikaanse visas gekry. Jana gaan as 'n L1 (inter-company transfer), terwyl ek oorgaan as 'n L2 (L1 dependant). Ek hou nogal van die "dependant" gedagte (dit klink asof Jana my moet onderhou... mmmm...)
Ons het ook nou aansoek gedoen vir Kanadese visas. Dit is om vir Jana se oom-hulle in Vancouver te gaan kuier terwyl ons in Amerika is. Ek hoop ons kry dit nog hierdie week (dis so bietjie moeilik om in 'n ander land te kom sonder jou paspoort!).

Ek gaan werk van die huis af doen vir die maatskappy waarvoor ek nou werk in die tyd wat ons in Dallas is. Dit was 'n groot verligting dat ek die geleentheid gegee is om saam met Jana te gaan en darem ook nog 'n werk te kan he!

Hierdie laaste week is nou vol van finale reelings en vriende / familie groet. Ons vlieg Vrydagaand so 19:30 se kant.. dan wag daar 'n lekker 20 ure vlug op ons. Dit behoort nogal 'n ervaring te wees, aangesien die langste wat ons nog ooit gevlieg het 2 ure is!

Baie dankie vir almal wat met al ons goedjies gehelp het (en sekerlik nog gaan help!)

Afhangende van my tyd (en internet konneksie), mag my volgende stukkie skryfkuns eers op Amerikaanse bodem tot lewe kom.. tot dan! (watch this space...)

Jaco

7 Comments:

  • Nou ja, dit is regtig 'n global village. Wie sou kon dink die die boertjie van Kroonstad en sy "nooi" van Roodepoort gaan werk in die Lone Star State. Ek raak sommer huilerig. Dit voel soos gister dat ek en Eben sy std 6 sussie rondgestuur het om koffie te maak... Nou doen net ek dit :-)Geniet dit baie, ons gaan julle mis. Duane

    By Anonymous Anonymous, at 10:34 AM  

  • SO is die Joubertjies al daar en gesettle? Stuur gou gou nuus, en 'n update - Jaco jy is so oulik met die "diarie" dit gaan lekker wees om op googte te wees met al die ADVENTURES. Baie lief vir julle en gee Jana genoeg drukkies en soentjies van ons af ook. Es

    By Anonymous Anonymous, at 11:47 AM  

  • Kan jy glo dat jou "ou" ma van die plaas af ook so oulik kan wees.
    Maar hier is ek op iou "blog" . Ek weet nie regtig waar ek is nie, solank ek net met jou kan praat. Onthou ek hou ook die spasie dop vir nuus. Kan nie wag om te hoor hoe was Jana se eerste dag by die werk nie. Ons is baie bly julle is veilig daar en begin al klaar die dae aftel vir die terugkom dag. Amerika se kaart lĂȘ oop op die tafel en ek en Pa meet kort kort die afstande. Mooi bly, Liefde Mamma

    By Anonymous Anonymous, at 7:27 AM  

  • Hallo hier van Ingeland. Laat weet wanneer ons moet kom kuier ons wil vlugte boek. Julle moet julle lywe lekker cowboy hou en vinnig maak. Ons is baie lief vir julle. Eben Diana en Ruben.

    By Anonymous Anonymous, at 5:30 PM  

  • Dankie vir almal se comments - dis goed om te sien dat julle darem lees! Ons het nou internet gekry hier in die woonstel, so ek sal meer kan gesels.

    By Blogger Jaco Joubert, at 12:06 AM  

  • Het julle goodies uitgeprint- ek en Corli eet vanaand by ma, sal dan lees en vir haar gee. Het tot julle fotos in kleur geprint! (so moenie terug houi nie!) Ek het my Beemer teruggekry. Ons mis julle. Daai chips lyk vir my na 'n bargain. Dit reen al vir twee weke lank hier,dag en nag. Jana ons hoor jy werk hard- wys daai Yankies jou boere-staal. Die tyd het al klaar begin aftiek so geniet elke oomblik! Nico

    By Anonymous Anonymous, at 3:20 PM  

  • Dan sal ek ook dan nou maar ietsie tik .. gelukkig is party SA nie heeltemal agtergeblewe nie en ek het die vooreg om Video Chats te hou :-P ..... Update maar gereeld ons sal lees.. Jislaaik ma ek is impressed ! Groete Len,Clarice en Lenice

    By Anonymous Anonymous, at 9:54 PM  

Post a Comment

<< Home