Basketball en Kaaskoek
Ons het Dinsdagaand vir die eerste keer basketball gaan kyk. Dit was ook in die American Airlines Center. Die Dallas Mavericks het gespeel teen die Sacramento Kings in die NBA (National Basketball Association). Die Mavericks het 127 - 101 gewen. Dit was regtig baie lekker om te kyk en ek moet se^: daai ouens is baie lank, en baie goed! Die hele atmosfeer is net baie lekker in die stadion.
Die langste ou in die Mavericks span is 7 voet, 5 duim! Daar is ook een ou in die Mavericks span wat van Duitsland af kom. Sy naam is Dirk Nowitzki. Hy is baie goed, en het al amper soos die "icon" van die Mavs geword. Dit is vir ons baie snaaks om so baie "Dirk" goed te sien, aangesien ons natuurlik ook 'n baie beroemde Dirk ken ;-) So Dirk, jy sal met ope arms hier in Dallas verwelkom word as jy kom. Geen Texan gaan 'n probleem he^ om jou naam uit te spreek nie (aanvaar net 'n meer ronde, binnes-mondse "R"), en jou pad na die NBA is oop!

Ons het intussen weer 'n paar klere winkels besoek. Jana het die gawe om hierdie tipe winkels uit te snuffel waar mens goeie waarde vir geld kry. Soos ek al voorheen gese^ het, baie van die klere is maar redelik duur, maar jy kry tog die bargains. Jana het ook vir haar 'n nuwe paar tekkies by die Nike factory store aangeskaf.
Ons was Donderdagaand na die Cheesecake factory. Dit is 'n restaurant in Amerika wat baie bekend is vir hulle kaaskoek. Ons was nie baie honger nie en het eintlik net gegaan vir die kaaskoek. Ons het 'n pizza gedeel, net om darem nie te lyk asof ons nog nooit so baie kaaskoek in een plek gesien het nie! Hulle het 'n skamele 36 verskillende soorte kaaskoek waaruit jy kan kies! Ons het die "Toblerone Swiss Almond Cheesecake" gedeel en dit was uit die boonste gestoeltes soos oom Oubaas sal se^! Ons het besluit mens kan nie te gereeld soontoe gaan nie, anders gaan jy naderhand nie meer deur die deure pas nie!
Ons beplan om hierdie naweek Austin en San Antonio toe te gaan. Sal julle na die naweek vertel hoe dit was.

2 Comments:
Lyk my julle koop net klere. Het julle darem genoeg tasse om dit alles te kan terug bring? :)
By
Francois, at 8:38 AM
Ons het nie eintlik genoeg tasse nie :-( Sal maar van die ouer klere ontslae moet raak, of miskien maar net 'n skip huur om alles terug te kry in S.A!
By
Jaco Joubert, at 3:15 PM
Post a Comment
<< Home